Stuur privaat boodskappe
Jou privaatheid is ons prioriteit. Jy kan met punt-tot-punt-enkripsie seker wees dat jou persoonlike boodskappe bly tussen jou en die persoon vir wie jy dit gestuur het.
Jou privaatheid is ons prioriteit. Jy kan met punt-tot-punt-enkripsie seker wees dat jou persoonlike boodskappe bly tussen jou en die persoon vir wie jy dit gestuur het.
Boodskappe en oproepe bly net tussen julle. Niemand anders kan hulle lees of daarna luister nie, nie eers WhatsApp nie.
Behalwe vir punt-tot-punt-enkripsie voeg ons ook nog ekstra lae beskerming by al jou gesprekke.
Jy kan kies wat jy deel, hoe jy aanlyn vertoon of wie met jou kan praat.
Beskerm jou mees persoonlike gesprekke met wagwoorde sodat niemand wat jou foon gebruik, dit kan sien nie.
Met verdwynende boodskappe kan jy beheer watter boodskappe bly wys en vir hoe lank, deur hulle só op te stel dat hulle verdwyn nadat jy hulle gestuur het.
Keer dat gemorsbellers en onbekende kontakte jou bel sodat jy kan fokus op gesprekke wat regtig vir jou saak maak.
Hou jou aanlyn rugsteunkopieë privaat. Skakel geënkripteerde rugsteun aan om die veiligheid van punt-tot-punt-enkripsie ook te gebruik vir jou boodskappe wat in iCloud of Google Drive gestoor word.
Kies om net gesien te word deur dié wat jy wil hê jou moet sien. Jy kan jou privaatheidinstellings pasmaak om te kies wie kan sien wanneer jy aanlyn is en wanneer jy laas WhatsApp gebruik het.
Beskerm jou rekening teen kuberkrakers en bedrieërs
en sit ongewenste gesprekke stop.